Jan HJ van Staden Skrywer / Author

0
Books Available / Boeke Beskikbaar
Die Noagvol (NVP001)
Language/Taal
Afrikaans
Platform/Platform
Print/Druk
Genre/Genre
Christelike Fiksie
Synopsis/Oorsig
Die verhaal is n mengsel van fiksie en feite. Die boek begin waar Lucius Aelius Sejanus op besoek in Tiberias is tydens die dorp se 10de verjaarsdagvieringe. Hy het egter bymotiewe en gebruik die besoek as n magsvertoning. Die geskiedenisboeke vertel ons dat keiser Tiberius siek was en van die publieke oog onttrek het. Daarom staan Sejanus vir hom tot so n mate in dat hy hom op die eiland van Capri gaan vestig het. Sejanus gebruik die afwesigheid van die keiser vir sy eie ambisie, nl. om die volgende keiser te word, uit te leef. Tydens sy besoek aan Isreal sit hierdie ambisie en magspel gebeure aan die gang wat verrykende gevolge het.

n Liefdesverhaal ontluik tussen twee onwaarskynlike karakters: Abigail, n Israelitiese meisie, wat weens haar omstandighede haar gewend het tot prostitusie en Claudius Ianuarius Celsus, n Romeinse kaptein in beheer van Herodus Antipas se persoonlike weermag van 80 soldate. Hy is gestasioneer in Galilea en word n gereelde klint van Abigail. Beide raak op mekaar verlief, maar kan niks omtrent die feit doen totdat sy verdwyn nie.

Die boek handel oor Claudius se soeke na Abigail en sy innerlike wroeging dat hy haar so maklik as vanselfsprekend in sy lewe aanvaar het. n Gemak? n Gewoonte? Om haar te gebruik net wanneer hy wil?
Languages Available/Tale Beskikbaar
Afrikaans, English
Platforms Available/Platforms Beskikbaar
Gedruk, Elektronies
R 250.00