Jan HJ van Staden Skrywer / Author

0
Kersboodskap 2020 - Geseënde Kersfees
Hierdie jaar is beslis een vir die geskiedenisboeke. Iets wat baie mense reg oor die węreld geleer het, is dat gehaltetyd saam met jou naastes kosbaar is! Nie net vir hulle nie, maar ook gehaltetyd vir jouself, en gehaltetyd saam met ons Skepper!
Soos die jaar einde se kant toe staan, dink ons dis tyd dat jy jouself asook jou geliefdes bederf met een van Jan HJ van Staden se eksemplare – “Die Noagvoël”. Dit beloof om hoop vir die toekoms te gee met die wete waar ons krag vandaan kom. Daar is min stories soos dié wat jou hartsnare roer, jou grondgebied verskuif en jou fokus terugbring na Hom. Moenie hierdie Christusfees uitmis op gehaltetyd nie!
Mag u ‘n Geseënde Christusfees beleef met beste wense wat u en u gesin vergesel tydens hierdie Kersgety! Ons hoor weer van u in 2021! Veilig reis!
Biography / Biografie

Op skool al het hy geweet dat hy lief is vir lees en skryf. Wanneer die ander leerders steen en been gekla het wanneer opstelle geskryf moes word, het sy hande gejik van opgewondenheid en kon hy sy kreatiewe skryfvermoë uitleef.

Jan is op 6 Oktober 1969 in Pretoria, Gauteng, gebore. Op die ouderdom van 8 het hulle na Parys in die Vrystaat verhuis. Daar het hy beide sy laerskool- en hoërskoolloopbane voltooi. 

Onderwys het hom gefassineer, soveel so dat hy besluit het om onderwys aan die Goudstadse Onderwyskollege te studeer. Nadat hy sy studies voltooi het was hy vir ‘n jaar ‘n onderwyser by Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark.  Daarna het hy sy verpligte jaar van Nasionale Diensplig voltooi. Aan die einde van sy dienspligjaar het hy ‘n onderwyspos by die Hoërskool Frans du Toit op Phalaborwa aanvaar. Dit is ook hier waar hy sy vrou, Charmaine, ontmoet het. Uit die huwelik is twee pragtige dogters, Inecke en Annchen, gebore.

Daarna verhuis hulle na Krugersdorp waar beide hy en Charmaine onderwysposte by die Hoërskool Monument aanvaar het. Hier by Monnas word hy departementshoof van Geografie en later adjunkhoof. Terselfdertyd het hy verder studeer en sy Meestersgraad in Bestuur deur Southern Business School verwerf. 

Na ‘n vinnige draai in die privaatsektor as ‘n vulstasieontwikkelaar het die roepstem van onderwys sy hartsnare geroer. Hy het besef dat sy roeping en geluk in die onderwys lę.  Deur die genade van ons Hemelse Vader word hy aangestel as skoolhoof by Die Hoërskool Ben Vorster waar hy tans is.

Vir jare het hy die droom gekoester dat hy dalk eendag soos ‘n Elmar Steyn, ‘n skool kon bestuur en ook sy passie as skrywer kon uitleef. Hierdie droom is bewaarheid. Uit die samesyn met ander tap hy baie van sy idees en inspirasie.  Mense is en bly sy passie.

------------------------------------

At school he knew he loved reading and writing. When other learners complained because they had to write essays, his hands itched in anticipation of living out his creative writing abilities.

Jan was born in Pretoria, Gauteng on 6 October 1969.  At the age of 8 he and his family moved to Parys in the Orange Free State. There he completed both his primary and high school years. 

Teaching fascinated him so much that he decided to study it at the “Goudstadse Onderwyskollege”. Having finished his studies, he taught at Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark for a year after which he completed his year of National Service. At the end of his year of service he accepted a teaching post at Hoërskool Frans du Toit in Phalaborwa. This is where he met his wife, Charmaine. Two lovely daughters, Inecke and Annchen were born.

The family moved to Krugersdorp where both he and Charmaine accepted teaching posts at Hoërskool Monument. At Monnas he became department head of Geography and later deputy principal. At the same time, he continued studying and obtained his master’s degree in management at Southern Business School. 

After a quick detour into the private sector as a fuel station developer, the call of teaching moved his heart once more and he decided to return. He realised that his happiness lay in the teaching profession. Through the grace of our Heavenly Father he was appointed at Hoërskool Ben Vorster where he is currently the principal.

For years he cherished the dream that he could possibly, like an Elmar Steyn, manage a school and live out his passion as writer. This dream has come true. His inspiration and many of his ideas are forthcoming out of his fellowship with others. People are his passion.